Elke oproep wat jy na ons maak of e-pos wat jy vir ons stuur sal deur dieselfde NCR geregistreede Skuldberader beantwoord word.
Ons het dus genoeg ervaring om die beste oplossings vir jou te formuleer.
Elke Kliënt het individuele behoeftes & verantwoordelikhede. Betalingsplanne word opgestel met inagneming van jou persoonlike finansiële profiel.
SkuldVegters is 'n betroubare, professionele, ervare skuldberadingsfirma wat by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer (NCR) is. Ons bestaan al sedert 2007 en het jare se ondervinding. Ons help kliënte regoor Suid-Afrika wat in 'n skuldkrisis is. Of jy nou skuldhulp in Wes-Kaap, Gauteng, Noordwes, KwaZulu Natal, Limpopo, Vrystaat, Mpumalanga, Noord-Kaap of die Oos-Kaap nodig het, ons kan jou bystaan! Ons verstaan hoe die proses werk en hoe om die wet op jou unieke omstandighede toe te pas. Ons het reeds baie verbruikers gehelp om uit die skuld te kom en weer finansiële vryheid te ervaar. Vir jou eie gemoedsrus is dit baie belangrik dat jy slegs professionele, betroubare, NCR Skuldberaders met ‘n goeie reputasie soos SkuldVegters gebruik. Ons is by die NCR en DCASA geregistreer, so jy weet dat jy met 'n geakkrediteerde, professionele skuldberadingsfirma te doen het.
As jy ons as jou skuldberader kies, word ons jou skuldbestuursvennoot. Jy sal nie meer jou krediteure op jou eie hoef te konfronteer terwyl hulle jou bombardeer met finale eise vir betaling of terugbetalingsreëlings nie. Jy sal ons in jou hoek hê, gereed om namens jou te VEG. Ons ken die wet en die skuldhersieningsproses deur en deur en ons sal jou belange deurlopend beskerm.
Jou oproepe en e-posse sal ALTYD deur 'n geregistreerde skuldberader beantwoord word en nie deur 'n konsultant of admin personeellid nie. Jy het professionele hulp nodig en dit is presies wat jy sal ontvang wanneer jy by SkuldVegters aanklop vir hulp.
Skuldhersiening of Skuldberading is 'n regsproses om verbruikers se skuld op die goedkoopste en doeltreffendste manier af te los en hulle weer toegang tot die kredietmark te gee sodra al die skuld volledig betaal is. Hierdie diens mag slegs deur Nasionale Kredietreguleerder (NCR) geregistreerde Skuldberaders verskaf word.
Ons sal die verlaagde paaiement wat ons vir jou kan onderhandel bepaal en jou per e-pos in kennis stel. Jy sal dan die nodige inligting hê om te kan besluit of jy vir skuldhersiening wil aansoek doen. Sou jy besluit om nie vir skuldhersiening aansoek te doen nie, kan jy voortgaan om jou normale paaiemente direk aan jou krediteure te betaal. Ons sal GEEN fooie van jou hef as jy besluit om nie vir skuldhersiening aansoek te doen nie. Jy bly dus in beheer van die proses.
Nadat ons jou Aansoekvorm ontvang het, sal ons jou krediteure binne vyf werksdae van jou
aansoek in kennis stel. Ons sal hulle vra vir 'n staat wat aandui hoeveel jy nog skuld en
wat jou bestaande paaiemente en rentekoerse is.
Sodra ons die state van al die krediteure ontvang het, sal ons die persoonlike
betalingsplan wat ons tydens die assessering vir jou opgestel het aanpas, dit aan jou krediteure stuur
as 'n betalingsvoorstel, en hul briewe van aanvaarding versoek.
Nadat ons die briewe van aanvaarding van jou krediteure ontvang het, sal ons 'n hofdatum
by jou plaaslike landdroshof kry om die betalingsplan 'n bevel van die hof te maak of, alternatiewelik,
by die Nasionale Verbruiker Tribunaal (NCT) aansoek doen vir 'n skuldhersieningsbevel. Hierdie bevel sal
jou beskerming teen regsaksie deur jou krediteure bied solank jy jou hersiene paaiement elke maand ten volle aan die
(PDA) maak soos ooreengekom.
Die toestaan van die skuldhersieningsbevel voltooi die aansoekproses en jou krediteure
kan geen regstappe teen jou neem nie, solank jy aanhou om betalings in ooreenstemming
met jou betalingsplan te maak sonder enige afwyking.
Ons fooie is in ooreenstemming met die aanbevelings van die Nasionale Kredietreguleerder (NCR) en word in ons ooreenkoms verduidelik. Die aanvanklike assessering wat ons doen is egter gratis en fooie word slegs gehef indien jy bevestig dat jy met skuldhersiening wil voortgaan. Alle fooie is by jou betalingsplan ingesluit en jy hoef dus nie voorsiening te maak vir 'n aparte bykomende betaling nie.
Dit is nie vir almal dieselfde nie, aangesien almal se finansiële situasie uniek is. Jou terugbetalingstydperk sal afhang van die uitslag van jou Skuldberader se onderhandeling met jou krediteure. Die termyn sal egter nie onredelik wees nie. Korttermyn rekeninge word byvoorbeeld gewoonlik oor 60 maande betaal.